SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

RAMDAV, Tashmika  and  HARINARAIN, Nishani. The use and benefits of Quick Response Codes for construction materials in South Africa. Acta structilia (Online) [online]. 2018, vol.25, n.2, pp.94-117. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as25i2.4.

Hierdie artikel ondersoek die gebruik en moontlike voordele van vinnige reaksie kodes (QR-kodes) op konstruksiemateriaal in 'n poging om te verseker dat die konstruksiebedryf steeds meer tegnologies gevorderd word. Die kwalitatiewe navorsingstudie het van onderhoude en gevallestudies gebruik gemaak. Dertig konstruksiemateriaalverskaffers in die Durban-streek is doelbewus gekies en onderhoude is met hulle gevoer deur middel van 'n semi-gestruktureerde onderhoudskedule. Vyf gevallestudies is ewekansig uit die Durban-streek geneem waar QR-kodes vir geselekteerde materiaalmonsters geïmplementeer is. Kennis, ervaring en die impak van QR-kodes op konstruksiemateriaal is ondersoek. Die hoofbevinding van die ondersoek was dat meeste van die deelnemers ten gunste is van die gebruik van QR-kodering, alhoewel QR-kodes tans nie wyd vir konstruksiemateriaal in Suid-Afrika gebruik word nie. Deelnemers wat wel QR-kodes op produkte gebruik, het slegs positiewe terugvoer gegee. Die bevindings het die geleentheid gebied om die konstruksiemateriaalsektor te verbeter deur QR-kodes bekend te stel en te implementeer as tegnologiese vooruitgang in die konstruksiebedryf.

Keywords : Konstruksiemateriaal; konstruksiebedryf; vinnige reaksie kodes.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License