SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

AGYEKUM, Kofi; SIMONS, Barbara  and  BOTCHWAY, Seth Yeboah. Factors influencing the performance of safety programmes in the Ghanaian construction industry. Acta structilia (Online) [online]. 2018, vol.25, n.2, pp.39-61. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as25i2.2.

Alhoewel behoorlike veiligheidsbestuur in konstruksie van groot belang is, dui die bewyse uit die literatuur daarop dat baie ontwikkelende lande, veiligheid, nie genoeg oorweeg nie. Hierdie artikel ondersoek die faktore wat die prestasie van veiligheidsbestuursprogramme in die Ghanese Konstruksiebedryf beïnvloed. Die doelwitte wat gestel word om hierdie doel te bereik, sluit in die identifisering van die veiligheidselemente wat in die veiligheidsprogramme van konstruksiefirmas ingesluit is, en die bepaling van die faktore wat die prestasie van sulke elemente negatief beïnvloed. Vir objektiwiteit is 'n kwantitatiewe opname onder veiligheidsbestuurders van 60 D1 boukonstruksiefirmas in die Kumasi en Greater Accra-streke van Ghana gedoen. Die vraelys is in drie dele gestruktureer: Die respondente se profiel, die veiligheidselemente wat in die veiligheidsprogramme van die firmas opgeneem is, en die faktore wat die prestasie van die veiligheidselemente negatief beïnvloed. Na aanleiding van 'n gedetailleerde literatuuroorsig, is die respondente gevra om 13 elemente en 17 faktore op 'n Likert-skaal te gradeer. Data is geanaliseer met behulp van die SPSS Weergawe 22, Statistiese Pakket vir Sosiale Wetenskappe. Benewens die bepaling van die betroubaarheid van die verskillende konstrukte, is die MSs, modusse en standaardafwykings verkry. Die bevindings het getoon dat al die 13 elemente in die firmas se veiligheidsprogramme opgeneem is. Die sleutelelemente wat geïdentifiseer word, sluit in 'veiligheidsbeheerders op die terrein'; 'skriftelike en omvattende veiligheids- en gesondheidsplanne voorsien'; 'projekspesifieke opleiding en gereelde veiligheidsvergaderings bekendstel'; 'veiligheid en gesondheid oriëntering opleiding', en 'werknemers in veiligheid en evaluering'. Die bevindings het verder onthul dat 16 van die 17 faktore die prestasie van die firmas se veiligheidsprogramme negatief beïnvloed. Die geïdentifiseerde faktore was onder meer 'onvoldoende kommunikasie van veiligheidsprogramme'; 'gebrek aan werkers se selfbeskerming en bewustheid'; 'kontrakteurs ignoreer veiligheid, weens die tydsdruk van die projekskedule'; 'swak persoonlike houdings teenoor veiligheid', en 'oneffektiewe wette en gebrek aan handhawing'. Bevindings uit hierdie studie behoort nuttig te wees vir konstruksiepraktisyns wat die veiligheidsrekords van hul firmas wil verbeter.

Keywords : Konstruksieprojekte; veiligheidsverrigting; veiligheidsprogramme; veiligheidselemente.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License