SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

NASILA, Mutonyi  and  CLOETE, Chris. Adoption of Building Information Modelling in the construction industry in Kenya. Acta structilia (Online) [online]. 2018, vol.25, n.2, pp.1-38. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as25i2.1.

Die huidige toepassing van Bou-Inligting Modellering (BIM) deur professionele konsultante in die konstruksiebedryf in Kenia is 'n bron van kommer. BIM word toenemend wêreldwyd toegepas om kommunikasie tussen projekbelanghebbendes te verbeter, ontwerpe te visualiseer, potensiële botsings te identifiseer, herontwerp tydens projekimplementering te verminder, ontwerpkwaliteit te verbeter, koste te verminder en die opbrengskoers van projekte te verhoog. Die stadige aanvaarding van BIM in die konstruksiebedryf in Kenia het swak koördinasie van inligting tussen betrokkenes in konstruksie-projekte tot gevolg. Hierdie studie ondersoek die huidige stand van BIM-toepassing, voordele van BIM-toepassing en BIM-toepassinghindernisse in Kenia. 'n Kwantitatiewe navorsingsbenadering is gebruik en data is ingesamel, met behulp van 'n aanlyn-vraelysopname van 310 geregistreerde konstruksie-werknemers wat gekies is deur gestratifiseerde steekproefneming. Die voordele en hindernisse wat BIM-toepassing in Kenia beïnvloed, is gemeet en gestel as die onafhanklike veranderlikes met 'jare ondervinding' en 'totale voltooide projekte' as die afhanklike veranderlikes. Die data is geanaliseer met behulp van die Statistiese Pakket vir die Sosiale Wetenskappe (SPSS) weergawe 24. Principal component analysis (PCA) is gebruik om die beangrikste faktore vir voordele en hindernisse van BIM-implementering te bepaal. Chi-square toetse is gebruik om verhoudings tussen onafhanklike en afhanklike veranderlikes te bepaal. Verbeterde kommunikasie is as die belangrikste voordeel van BIM beskou, terwyl die hoë koste van die aankoop en opdatering van sagteware as die belangrikste hindernisse tot BIM-toepassing beskou is. Volgens bevindinge word die verbeterde ontwerpkwaliteit beïnvloed deur die aantal jare ondervinding in die boukonstruksiebedryf. Die aantal projekte wat deur 'n maatskappy onderneem word met BIM in enige hoedanigheid beïnvloed groter produktiwiteit as gevolg van maklike herwinning van inligting. Daar word aanbeveel dat BIM-opleiding deur sagtewareleweransiers onderneem word in beroeps- en tersiêre instellings en konstruksiemaatskappye. Daarbenewens moet die regering beleide en standaarde formuleer om die gebruik van BIM te ondersteun. Die studie dra by tot die korpus van kennis oor die toepassing van BIM in Nairobi, Kenia, en behoort van waarde te wees vir ontwikkelaars, argitekte, ingenieurs, bourekenaars, projekbestuurders, kontrakteurs, en fasiliteitsbestuurders.

Keywords : Bou-Inligtingsmodellering (BIM); aanvaarding van BIM; Keniaanse konstruksiebedryf.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License