SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Acta Structilia

versión On-line ISSN 2415-0487
versión impresa ISSN 1023-0564

Resumen

DU PLESSIS, Hendri  y  OOSTHUIZEN, Pierre. Construction project management through building contracts, a South African perspective. Acta structilia (Online) [online]. 2018, vol.25, n.1, pp.152-181. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as25i1.6.

Die artikel beskou konstruksieprojekbestuur en boukontrakte in Suid-Afrika. Dit stel algemene inligting en resultate voor oor die onderwerp, wat deel uitmaak van 'n wyer indiepte studie, wat moeilik is om in een enkele artikel te vervat. Die beginner kan soms kontrakbestuur, projekbestuur en konstruksiebestuur as dieselfde konsep beskou. Om hierdie konsepte te verduidelik, is die evolusie van konstruksiekontrakte projekbestuur bestudeer om moontlike ooreenkomste te identifiseer. Hierdie artikel begin met 'n kort geskiedenis voor 'n skematiese analise van die algemene kenmerke van konstruksiekontrakte en projekbestuur. Die artikel ondersoek die toepassing van hierdie begrippe binne Suid-Afrika en vergelyk die algemene struktuur van die hoofkontrakte wat in Suid-Afrika gebruik is met mekaar. Uit hierdie algemene ondersoek is dit duidelik dat die standaardvoorwaardes van kontrakte wat in Suid-Afrika gebruik word, baie soortgelyke strukture het in vergelyking met die belangrikste konstruksieprojekbestuursareas soos erken deur die Projekbestuursinstituut (PMI). Die artikel beskou die vier kontrakte wat deur die Konstruksiebedryf-ontwikkelingsraad (CIDB) in Suid-Afrika onderskryf is en ondersoek die algemene klousules en temas van hierdie kontrakte. Die konstruksie kontrak moet al die Projek Lewensiklus (PLC) stadiums in ag neem. Die Konstruksie Kontrak moet verder gesien word as die Projek Implementeringsplan (PIP), waarmee beheer tydens konstruksie toegepas moet word. Met dié begrip van die evolusie van die twee strome (kontrakte en bestuur), kan hul relevansie, doel en afhanklikhede beter verstaan word. Dit kan die professionele manier waarop die totale Projek Lewensiklus (PLC) geïmplementeer en benader word, verbeter.

Palabras clave : Algemene voorwaardes; konstruksie; kontrakte; ooreenkoms; projekbestuur; projek lewensiklus.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons