SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

BURGER, Michelle  and  ZULCH, Benita. A construction project management knowledge model: The type and level of knowledge required. Acta structilia (Online) [online]. 2018, vol.25, n.1, pp.98-125. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as25i1.4.

Konstruksieprojekbestuurders kom van uiteenlopende agtergronde, en mag dus die kennisstel kort wat tans benodig word om vaardig en effektief in die praktyk te wees. Die doel van hierdie artikel is om die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)-vlak van elke tipe kennisarea vas te stel wat benodig word vir 'n bevoegde en effektiewe bouprojekbestuurder in Suid-Afrika. Hierdie vlakke van kennis is belangrik om 'n voorgestelde konstruksieprojekbestuur-kennismodel te ontwikkel wat deur die konstruksiebedryf gebruik kan word. 'n Gemengde metodes navorsingsontwerp is gebruik, insluitend gestruktureerde vraelyste (n = 40), onderhoude (n = 10) en 'n enkele gevallestudie. Die vraelys-opname deur middel van geslote vrae het die belangrikheid van en gegradeerde NKR-vlakke van elke kennissoort geskik vir projekbestuurders in die beboude omgewing, gemeet op 'n 5-punt Likert-skaal. Die gradering het gehelp om te weet tot watter kennisdiepte projekbestuurders opgelei moet word. Onderhoude is gevoer met 10 konstruksiewerknemers om hul standpunte oor die belangrikheid van bedryfspesifieke kennis van 'n konstruksieprojekbestuurder te verkry en om die vorm van kennis wat noodsaaklik beskou word, krities te hersien. Die gevallestudie van 'n bouprojek ten bedrae van R35 miljoen is gebruik om begrip te kry van die impak wat bedryfspesifieke kennis, of die gebrek daarvan, op die sukses van 'n projek kan hê. Resultate het getoon dat kwalifikasies om bedryfskennis te verkry, ten minste op NKR-vlak 6 moet wees; 'n kwalifikasie op NKR-vlak 7 word aanbeveel om voldoende projekbestuurskennis (teorie) te verkry. Hierdie bevindings is belangrik aangesien sommige konstruksieprojekbestuurskursusse in Suid-Afrika tans laer as NKR-vlak 6 is. Dit kan bydra daartoe dat die industrie tans konstruksieprojekbestuurders sonder die vereiste kennisstel in diens neem. Die voorgestelde model beskryf die toereikende kennisstelle en vlak daarvan wat gebruik kan word by die ontwerp van opleidingskwalifikasies vir konstruksieprojekbestuurders. Die voorgestelde model kan ook in die praktyk gebruik word as riglyn om konstruksieprojekbestuurders te plaas of te bevorder.

Keywords : Konstruksieprojekbestuur; kennismodel; NKR-kennisvlak; tipe kennis; Suid-Afrika.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License