SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Acta Structilia

versión On-line ISSN 2415-0487
versión impresa ISSN 1023-0564

Resumen

AMANSURE, Ric  y  ADENDORFF, Chris. Successful transformational change in revenue management among beneficiary communities of South African renewable energy construction companies. Acta structilia (Online) [online]. 2018, vol.25, n.1, pp.71-97. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as25i1.3.

Transformatoriese verandering is die tweede van drie submodelle wat voortspruit uit die opbreking van die oorspronklike model na die data-analise as deel van 'n proefskrif getiteld A theoretical model for successful management of revenue for beneficiary communities of renewable energy companies in South Africa. Die submodel bied spesifieke leiding aan projekbestuurders wat handel oor transformasieverandering binne gemeenskappe aan belanghebbendes, kundiges in die bedryf en gemeenskapsontwikkelingspraktisyns in die hernu-bare energie sektor. Die doel van die navorsing was om 'n gelokaliseerde begrip van onderwys, sosiale interaksie, sosiale samehorigheid, verbetering van infrastruktuur en deel te bevorder om sukses te behaal in die bestuur van die inkomste vir begunstigde gemeenskapsprojekte deur hernubare energie konstruksiemaatskappye. 'n Literatuurstudie van relevante literatuur oor transformasieveranderingsfaktore is gedoen en gebruik om 'n gestruktureerde vraelys te ontwikkel wat aan nasionale en internasionale populasie van projekbestuurspraktisyns in Suid-Afrika versprei is. Met behulp van 'n elektroniese meetinstrument het die empiriese bevindinge vier transformasiefaktore gevind wat betroubaar en geldig was vir transformasieverandering in gemeen-skappe, naamlik onderwys, infrastruktuurontwikkeling, menslike ontwikkeling, en veranderingsbestuur. Met behulp van hierdie faktore en die konstruksie van 'n vloeidiagram van die onafhanklike veranderlikes (onderwys, infrastruktuurontwikkeling, menslike ontwikkeling, en veranderingsbestuur) en die daaropvolgende tussenliggende (goeie bestuur) en afhanklike veran-derlikes (waargeneme sukses van inkomstebestuur) is toepaslike hipoteses ontwikkel om die model te toets. Die hipoteses is empiries geanaliseer met behulp van strukturele vergelyking modellering (SEM). Determinante is geïdentifiseer as elemente van transformasieverandering wat die sukses van inkomstebestuur vir begunstigde gemeenskappe vir Suid-Afrikaanse hernubare energie maatskappye beïnvloed. Dit sluit in die gebruik van onderwys, infrastruktuurontwikkeling, menslike ontwikkeling, veranderingsbestuur, en goeie bestuur.

Palabras clave : Begunstigde gemeenskappe; ekonomiese ontwikkeling; gemeen-skapsontwikkeling; groen energie; hernubare energie; inkomstebestuur; projekbestuur en transformasieverandering; sosio-ekonomiese ontwikkeling.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons