SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.25 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Acta Structilia

On-line version ISSN 2415-0487
Print version ISSN 1023-0564

Abstract

RENAULT, Bérenger; AGUMBA, Justus  and  ANSARY, Nazeem. An exploratory factor analysis of risk management practices: A study among small and medium contractors in Gauteng. Acta structilia (Online) [online]. 2018, vol.25, n.1, pp.1-39. ISSN 2415-0487.  http://dx.doi.org/10.18820/24150487/as25i1.1.

Risikobestuur (RB) word erken as 'n sleutelaktiwiteit in projekbestuur in die strewe om suksesvolle konstruksieprojekte te lewer. Hierdie projekte word egter geassosieer met verskeie risiko's wat projekprestasie dikwels in gevaar stel, veral onder klein en medium konstruksie-ondernemings (KMO's). Risikobestuurspraktyke (RBP) is ontwikkel om projekrisiko's te beperk. Tog is daar geen konsensus oor die praktyke wat RB vir KMO-projekte uitmaak nie. Die hoofdoel van hierdie navorsing is dus om die RBP te bepaal wat aangepas kan word vir konstruksie-KMO's om risiko in hul projekte te bestuur ten einde projeksukses te behaal. 'n Uitgebreide literatuurstudie oor RBP is gedoen en gebruik om 'n gestruktureerde vraelys te ontwikkel wat aan konstruksie-KMO's in die Gauteng provinsie van Suid-Afrika gepos is. Die empiriese bevindinge het nege RBP opgestel wat betroubaar en geldig was vir die bestuur van risikos in projekte wat deur konstruksie-KMO's onderneem is, naamlik organisatoriese omgewing; definisie van projekdoelwitte; hulpbronvereistes; risiko-meting; risiko-identifikasie; risikobepaling; kommunikasiebenadering en evaluering; risikoreaksie en aksiebeplanning, sowel as monitering en hersiening. Dit is belangrik om daarop te let dat die studie nie oor die hele Suid-Afrika uitgevoer is nie; daarom kan die bevindings nie veralgemeen word nie. Ten spyte van die beperking, beveel die navorsers aan dat hierdie praktyke is wat vir risikobestuur in konstruksieprojekte deur KMO's in Suid-Afrika onderneem moet word.

Keywords : Faktoranalise; klein en medium ondernemings; risikobestuurs-praktyke; Suid-Afrika.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License