SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.118The restoration of the "dry bones" in Ezekiel 37:1-14: an exegetical and theological analysisThe essence and content of the work Of the Diakonos according to the New Testament índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Scriptura

versão On-line ISSN 2305-445X
versão impressa ISSN 0254-1807

Resumo

SCHOEMAN, WJ  e  VAN ECK, Ernest. Die gelykenis van die verlore seun: eerste-eeuse ekonomie en die hoorders van Jesus / The parable of the prodigal son: First-century econmy and the hearers of Jesus. Scriptura [online]. 2019, vol.118, pp.1-12. ISSN 2305-445X.  http://dx.doi.org/10.7833/118-1-1387.

Jesus het die koninkryk van God verkondig, met die beginsel van algemene wederkerigheid as 'n kardinale aspek daarvan. Vir Jesus was dié koninkryk 'n alternatiewe sosiale wêreld teenoor en die onderdrukkende en uitbuitende sosiale stelsel van die Grieks-Romeinse wêreld. Hierdie artikel poog om die gelykenis van die Verlore Seun (Lukas 15:11-32), met as fokus Lukas 15:11-13, te analiseer teen die sosio-ekonomiese agtergrond van Palestina in die eerste eeu. Spesiale aandag word gegee aan die jongste seun se besluit om die huis te verlaat en moontlike motief daaragter. Daar word van die standpunt uitgegaan dat tekste die produkte is van die spesifieke sosiale stelsels waarin hulle ontstaan het, en daarom word die sosiaal-wetenskaplike benadering gebruik om dié teks te analiseer. Die konklusie waartoe gekom word, is dat die politieke- en belastingstelsel van die Grieks-Romeinse wêreld uiters uitbuitend was, terwyl die koninkryk van God, as alternatiewe sosiale orde, die beginsel van algemene wederkerigheid en die deel van hulpbronne voorgestaan het.

Palavras-chave : Gelykenisse; Gelykenis van die Verlore Seun; Lukas 15; Volhoubaarheid; Algemene wederkerigheid; Antieke ekonomie.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons