SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.118 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Scriptura

On-line version ISSN 2305-445X
Print version ISSN 0254-1807

Abstract

SCHOEMAN, WJ  and  VAN ECK, Ernest. Die gelykenis van die verlore seun: eerste-eeuse ekonomie en die hoorders van Jesus / The parable of the prodigal son: First-century econmy and the hearers of Jesus. Scriptura [online]. 2019, vol.118, pp.1-12. ISSN 2305-445X.  http://dx.doi.org/10.7833/118-1-1387.

Jesus het die koninkryk van God verkondig, met die beginsel van algemene wederkerigheid as 'n kardinale aspek daarvan. Vir Jesus was dié koninkryk 'n alternatiewe sosiale wêreld teenoor en die onderdrukkende en uitbuitende sosiale stelsel van die Grieks-Romeinse wêreld. Hierdie artikel poog om die gelykenis van die Verlore Seun (Lukas 15:11-32), met as fokus Lukas 15:11-13, te analiseer teen die sosio-ekonomiese agtergrond van Palestina in die eerste eeu. Spesiale aandag word gegee aan die jongste seun se besluit om die huis te verlaat en moontlike motief daaragter. Daar word van die standpunt uitgegaan dat tekste die produkte is van die spesifieke sosiale stelsels waarin hulle ontstaan het, en daarom word die sosiaal-wetenskaplike benadering gebruik om dié teks te analiseer. Die konklusie waartoe gekom word, is dat die politieke- en belastingstelsel van die Grieks-Romeinse wêreld uiters uitbuitend was, terwyl die koninkryk van God, as alternatiewe sosiale orde, die beginsel van algemene wederkerigheid en die deel van hulpbronne voorgestaan het.

Keywords : Gelykenisse; Gelykenis van die Verlore Seun; Lukas 15; Volhoubaarheid; Algemene wederkerigheid; Antieke ekonomie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License