SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número3Pastoral care and the agony of female singleness in the African Christian context"To read the Bible sensitively and in its richness" - in conversation with Amie van Wyk índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

BALOYI, Magezi E.. 'n Pastorale ondersoek na enkele van die uitdagings ten opsigte van veroudering en aftrede in die Suid-Afrikaanse konteks. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.3, pp.1-10. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I3.1866.

Hierdie artikel is 'n bydrae tot 'n projek wat voorspruit uit die werk van George Lotter, 'n pastor, pastorale berader en akademikus wat baie geskryf het oor kwessies wat met pastorale sorg en berading verband hou. Bejaardheid en aftrede kan verstaan word as 'n tyd in in ouer persone se lewe waartydens hulle kan rus na 'n lang aktiewe en diensbare lewe. Bejaardheid kan ook gesien word as 'n tyd wat aan pastorale versorgers die geleentheid gee om na die mense wat bygedra het tot hulle families en die gemeenskap se versorging, om te sien. Pastorale versorgers speel 'n belangrike rol in die lewens van bejaardes. Dit is spesifiek van toepassing op bejaarde swart Suid-Afrikaners wat dikwels gekonfronteer word met armoede en aanverwante probleme. Hierdie artikel ondersoek die uitdagings en probleme waarmee bejaarde swart Suid-Afrikaanse afgetredenes te kampe het. Dit fokus spesifiek op die ekonomiese uitwerking van veroudering en die invloed wat dit op familieverhoudinge in die lewens van bejaardes het. Die slotsom word gemaak dat dit die plig van pastorale versorgers is om riglyne te soek en te bied vir die rol wat die kerk kan speel ter verbetering van die lewensomstandighede van die bejaardes.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons