SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue3A theological-ethical judgement of illegal immigrationBible reading in Africa: The shaping of a reformed perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

JANSE VAN RENSBURG, Johan. 'n Prinsipiële diskoers oor die epistemologiese fundering van die Pastorale Teologie: 'n Oproep tot reformasie. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.3, pp.1-10. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i3.1877.

Hierdie artikel is as 'n huldeblyk aan prof. George Lotter by sy aftrede geskryf en uit erkenning vir sy bydrae tot die wetenskapsbeoefening van die Praktiese Teologie. Die artikel ondersoek die huidige konteks van die pastorale teologie. Aangesien epistemologiese keuses die metodiek en uitkoms van die pastoraat bepaal, is daar 'n dringende noodsaak om die epistemologiese invloede op die pastorale teologie te evalueer. Die artikel fokus op die epistemologiese dinamika wat die pastoraat verander het van 'n skriftuurlike fundering na 'n kommunikatiewe handelingsteoretiese en postmoderne narratiewe strategie. Die navorsingsvraag is: Is 'n reformatoriese terugkeer na 'n bybels-gefundeerde pastoraat teen die agtergrond van die epistemologiese invloede nog moontlik?

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License