SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número3Reflection on diaconal service in relation to Acts 6:1-7A qualitative investigation into the so-called ministry of deliverance índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

ELKINGTON, Rob; MEEKINS, Darryl; BREEN, Jennifer M.  y  MARTIN, Suzanne S.. Leierskap as bemagtigings funksie: Op weg na 'n nuwe paradigma vir plaaslike kerkleierskap in die een-en-twintigste eeu. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.3, pp.1-14. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.v49i3.1911.

Kerkleierskap bied onverwagte uitdagings vir diegene wat tot die bediening toetree. Terwyl formele teologiese programme wel noodsaaklike opleiding in die Christelike godsdiens en teologie bied, word nuwe toetreders tot die bediening van die komplekse veranderende stelsel van 'die kerk' nie na behore toegerus om leiers in die kerk te wees nie. Na die voltooiing van 'n formele opleidingsprogram word van nuwe kerkleiers verwag om 'n leier te wees sonder die hulp van voortgesette ondersteuning vir hulle leierskapsontwikkelingsproses. Om hierdie gaping te oorbrug, bied hierdie artikel 'n raamwerk vir leierskapsontwikkeling. Hierdie raamwerk is hoofsaaklik uit besigheidsliteratuur ontwikkel, maar kan vir die bediening aangepas word. Aangesien die een-en-twintigste-eeuse kerk in 'n onstuimige wêreld moet oorleef, hoop die skrywers van hierdie artikel dat genoemde raamwerk leierskapsdoeltreffendheid sal verhoog, die duur van leierskap sal verleng en kerkleiers sal bemagtig om die Christelike wêreldbeskouing te bevorder, binne sowel as buite hulle gemeentes. Die artikel stel eerstens 'n nuwe raamwerk vir die ontwikkeling van leierskap in die een-en-twintigste-eeuse kerk voor. Vervolgens word die model ontleed en direk op die kerklike leierskap toegepas. Die bespreking handel nie net oor kwessies wat tans in die kerk bestaan nie, maar bemiddelings word ook voorgestel om die funksionaliteit en doeltreffendheid van die kerk te verbeter. Ter afsluiting volg 'n lys teoreties-gebaseerde aktiwiteite wat, indien dit uitgevoer word, kerkleiers sal toerus om die voorgestelde raamwerk effektief te gebruik.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons