SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue3Reflection on diaconal service in relation to Acts 6:1-7A qualitative investigation into the so-called ministry of deliverance author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

ELKINGTON, Rob; MEEKINS, Darryl; BREEN, Jennifer M.  and  MARTIN, Suzanne S.. Leierskap as bemagtigings funksie: Op weg na 'n nuwe paradigma vir plaaslike kerkleierskap in die een-en-twintigste eeu. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.3, pp.1-14. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.v49i3.1911.

Kerkleierskap bied onverwagte uitdagings vir diegene wat tot die bediening toetree. Terwyl formele teologiese programme wel noodsaaklike opleiding in die Christelike godsdiens en teologie bied, word nuwe toetreders tot die bediening van die komplekse veranderende stelsel van 'die kerk' nie na behore toegerus om leiers in die kerk te wees nie. Na die voltooiing van 'n formele opleidingsprogram word van nuwe kerkleiers verwag om 'n leier te wees sonder die hulp van voortgesette ondersteuning vir hulle leierskapsontwikkelingsproses. Om hierdie gaping te oorbrug, bied hierdie artikel 'n raamwerk vir leierskapsontwikkeling. Hierdie raamwerk is hoofsaaklik uit besigheidsliteratuur ontwikkel, maar kan vir die bediening aangepas word. Aangesien die een-en-twintigste-eeuse kerk in 'n onstuimige wêreld moet oorleef, hoop die skrywers van hierdie artikel dat genoemde raamwerk leierskapsdoeltreffendheid sal verhoog, die duur van leierskap sal verleng en kerkleiers sal bemagtig om die Christelike wêreldbeskouing te bevorder, binne sowel as buite hulle gemeentes. Die artikel stel eerstens 'n nuwe raamwerk vir die ontwikkeling van leierskap in die een-en-twintigste-eeuse kerk voor. Vervolgens word die model ontleed en direk op die kerklike leierskap toegepas. Die bespreking handel nie net oor kwessies wat tans in die kerk bestaan nie, maar bemiddelings word ook voorgestel om die funksionaliteit en doeltreffendheid van die kerk te verbeter. Ter afsluiting volg 'n lys teoreties-gebaseerde aktiwiteite wat, indien dit uitgevoer word, kerkleiers sal toerus om die voorgestelde raamwerk effektief te gebruik.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License