SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue3Doing trinitarian theology: Primary references to God and imaginationBasic theoretical starting points on the character and foundation of a scriptural based liturgy author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

FORSTER, Dion A.  and  OOSTENBRINK, Johann W.. Waar is die kerk op Maandag? Ontwaking van die kerk tot die teologie en praktyk van bediening en sending in die markplein. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.3, pp.1-8. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i3.1944.

Onlangse navorsing deur die Call42 groep het bevind dat Suid-Afrikaanse Christene ervaar dat hulle nie voldoende voorbereid en toegerus is vir die Christelike lewe en dissipelskap in die arbeidsmark - hier genoem die markplein - nie. Hierdie artikel poog om aan te toon dat 'n herontdekking van 'n teologie van werk belangrik is ten einde die kerk in die algemeen asook individuele Christene te bemagtig en toe te rus vir die bediening in die markplein. Hierdie artikel poog dus om die kwessie van die sodanige teologiese leemte in die Suid-Afrikaanse kerk na te vors. Terreine soos onvoldoende teologie van werk en sending word ondersoek, 'n dualisme tussen geloof en werk word uitgewys, en daar word aangetoon dat 'n oorspeling van die predikant se rol en 'n onderspeling van gewone kerklidmate se rol die kerk se betrokkenheid by die missio Dei benadeel. Met inagneming van hierdie uitdagings aan sending en die kerk se teologiese identiteit, bespreek die artikel drie algemene teologiese standpunte van die kerk in Suid-Afrika, soos deur Smit aangebied en deur Forster aangepas. Die artikel besin hoe die kerk in elk van hierdie drie bestaansvorme 'n agent van sending en transformasie in die markplein kan wees. Die gevolgtrekking word gemaak dat die kerk die missionale of sendingteologie moet heroorweeg, opnuut moet fokus op die uitreik na die breër gemeenskap en lidmate vir bediening in die markplein moet bemagtig en toerus. Sodoende sal die kerk getrou wees aan die medewerking met God in die missio Dei.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License