SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número3The role of the Bible in reformational philosophy: Historical and systematic notesTranslating Romans: Some persistent headaches índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

BRUNSDON, Alfred R.. Wysheid as uitkoms van die pastorale proses: Nadenke oor 'n positiewe pastoraal-narratiewe benadering. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.3, pp.1-8. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i3.1873.

Vanuit 'n Suid Afrikaanse perspektief is pastorale sorg tipies op die oplossing van probleme soos huwelikskonflik of depressie gerig. As sodanig verteenwoordig dit 'n benadering wat op 'n mediese of siektemodel gegrond is en op gebreke eerder as deugde van persone gerig is. Terapeutiese ontwikkelings op die terreine van die narratief en positiewe sielkunde het egter die aandag op die gebruik van bevrydende verhale en die versterking van deugde gevestig. Sodoende word die kwaliteit van die menslike bestaan verbeter deur voort te bou op dít wat gesond en ongeskonde in mense se lewens is. In hierdie artikel word die opvatting ondersoek dat die pastorale proses op die verstaan en kweek van geestelike en emosionele deugde gerig moet wees eerder as op die verstaan en ontknoping van probleme as strategie vir genesing - spesifiek met die deug van wysheid in gedagte. Só 'n benadering berus op die aanname dat wysheid 'n deug is wat persone vir die lewe bemagtig. Die versterking van wysheid rus mense vir 'n vervulde lewe toe. In die lig hiervan word die noodsaaklikheid om bestaande pastorale verwysingsraamwerke te verbreed, bespreek. Die Skrif en die positiewe sielkunde word as bronne van kennis oor wysheid oorweeg en die narratief as 'n metode om wysheid in die lewens van die beradenes bloot te lê en verder te ontwikkel. Aanwysings vir 'n positiewe pastoraal-narratiewe benadering wat op die ontwikkeling van wysheid gemik is, word gegee. Die artikel poog om die verwysingsraamwerk van pastorale versorgers te verbreed deur binne 'n prakties-teologiese raamwerk uit die insigte van die positiewe sielkunde en die narratief te put. Op dié wyse word daarna gestreef om erns te maak van die oproep om voortdurend in die teologiese arbeid te vernuwe (semper reformanda).

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons