SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número3The necessity of reckoning with metatheoretical assumptions in scientific practical-theological researchDoing trinitarian theology: Primary references to God and imagination índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

DE KLERK, Barend J.. Pastorale bediening van skuldbelydenis en versoening deur liturgiese handelinge. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.3, pp.1-9. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i3.1894.

God se gawe, naamlik sy Seun, deur Wie verlossing van sonde en versoening met die mens bewerk is, staan sentraal in die Christelike belydenis. In die bediening van pastorale sorg en in die liturgiese handelinge is die gemeenskaplike doel die herstel van verhoudings, die versoening met God, met mekaar en met die self. Dit lei tot die vraag wat in hierdie artikel ondersoek word, naamlik wat die verhouding tussen die pastorale bediening van skuldbelydenis en versoening en die liturgiese handelinge daarvan is. Die aspekte wat aandag kry, is die pastorale sorg wat die gemeenskap aan mekaar behoort te bied, die verhouding tussen die pastorale sorg en die liturgie, die krag van rituele en 'n oorsig oor die ritueel van skuldbelydenis en versoening, enkele voorbeelde van sonde wat 'n gemeente kan bely en daarna die pastorale bediening deur rituele van berou en verootmoediging, sonde- en skuldbelydenis, vergifnis, absolusie en versoening. Die konklusie is dat die kommunikatiewe handeling van skuldbelydenis en versoening as 'n selfstandige handeling in die liturgie van die gemeente 'n kragtige pastorale bediening vir die gemeente as 'n geheel en vir die lidmate afsonderlik kan wees.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons