SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

BEUTLER, Johannes. Jesus in JudeaJesus in Judea. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.2, pp.1-6. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I2.1926.

Daar is tot onlangs nie veel aandag aan die geografiese agtergrond van Jesus se sending in Judea geskenk nie. Saam met hierdie gebrek aan belangstelling is die vraagstuk ten opsigte van die sogenaamde 'Jood' wat volgens Johannes 3:25 in 'n argument met die dissipels van Johannes die Doper betrokke was. 'n Blik op die geografiese agtergrond van Jesus se sending volgens Johannes 2:13-4:54 kan meer lig op hierdie kwessies werp. Jesus se sending, soos in die Vierde Evangelie beskryf, volg klaarblyklik dieselfde geografiese struktuur soos dit in Handelinge 1:8 voorkom: die dissipels sal Jesus se getuies in Jerusalem, die hele Judea en Samaria, en tot aan die uithoeke van die aarde wees. Volgens Johannes lei Jesus se sending Hom egter na Galilea waar al God se volgelinge na sy leringe luister en tot geloof kom voor die verskeie konfrontasies met die Joodse leiers sou plaasvind soos in Johannes 5-10 beskryf. Indien Jesus se sending in Judea deel vorm van sy sending in Israel, kan die Ἰουδαῖος, soos in Johannes 3:25 beskryf, eerder as 'Judeër' verstaan word.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License