SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

CULPEPPER, R. Alan. Vervulling van die Skrif en Jesus se onderrig in Matteus. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.2, pp.1-8. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I2.1986.

Een van die boeiendste aspekte wat beginnerstudente sowel as ervare lesers met die bestudering van die evangelies ondervind, is die groeiende bewustheid van hoe die boodskap oorgedra word. Normaalweg word die aandag eerstens op die boodskap gevestig: die storielyn, die verloop, die hoogtepunt en die ontknoping, en die implikasies daarvan. Met die lees en herlees daarvan word 'n groeiende belangstelling ondervind in die onderskeie kenmerke van die narratief soos die samestelling daarvan, die tipe gegewens (gelykenisse of wonderwerke), herhalings, die manier hoe die karakters voorgestel word en die verteller se kommentaar. Hierdie is nie toevallige kenmerke van die evangelie-narratief nie. Inteendeel, dit is die elemente waaruit dit saamgestel is en wat die leser se ervaring van die narratief begelei. In hierdie artikel word die wyse ondersoek waarop Matteus, in die eerste eeu na Christus en gedurende die skeidingsproses van die vroeë gelowiges uit die sinagoge, die Joodse-Christenlesers lei om Jesus se onderrig as 'n nuwe lering oor regverdigheid en, wat meer is, 'n nuwe Torah te aanvaar. 'n Spesifieke analise word gemaak oor die rol van herhaling en toutologie in Matteus se narratiewe retoriek wat verband hou met hierdie tema.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons