SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VORSTER, Jakobus M. (Koos). Die Christelike huwelik - 'n sosiale konstruk of 'n verbondsgegewe?. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.2, pp.1-10. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I2.1957.

In die huweliksetiek van die postmoderne era pleit verskeie christelike teoloë vir 'n eietydse inkleding van die huwelikskonsep. As beginpunt word die standpunt oorweeg dat daar nie sprake van 'n sogenaamde 'bybelse huwelik' kan wees nie omdat die huwelik as instelling 'n sosiale konstruk is wat kultureel en tradisioneel bepaal word. So kan alternatiewe saamblyverhoudings deur christene in die huidige postmoderne era as geldig aanvaar word. Na die bespreking van sommige van die outeurs wat hierdie mening huldig se standpunte, pleit hierdie artikel vir die siening dat die huwelik verbondsgegewe en 'n instelling van God is. As sodanig is dit 'n instelling waar man, vrou en God verbind word in 'n interdimensionele spirituele verhouding wat uitstyg bo die patriargalisme en androsentrisme wat tradisioneel aan 'n christelike huwelik toegeskryf is. Deur te let op die skeppingsaard van die huwelik (imago dei en verbond) en die christologiese en pneumatologiese perspektief op hierdie instelling, word betoog dat dit nie maar net 'n sosiale konstruk is nie, maar dat dit 'n goddelike instelling is wat deur hoër beginsels, ontgin uit bybelse openbaring, ingerig behoort te word. As kerke die gedagte van die huwelik as 'n verbondsgegewe bedien, kan hulle bydra tot die vestiging van huwelike wat deur menswaardigheid, liefde, getrouheid en die ontwikkeling van die geestesgawes van man sowel as vrou gekenmerk word.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License