Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Share
In die Skriflig
On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441
Abstract
KOK, Jacobus (Kobus). The plenipotentiary idea as Leitmotiv in John's GospelOpsomming: Gesantskap as leitmotief in die Johannesevangelie. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.2, pp.1-9. ISSN 2305-0853. http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I2.1923.
In hierdie artikel word die konsep van gesantskap in Johannes se Evangelie in verhouding tot die Joodse konsepte van gesantskap bestudeer. Daar word aangevoer dat die missionale of gesantskapskonsep 'n leitmotief (sentrale of dominante tema) in Johannes se Evangelie is, en dat dit met die Christologie en die Soteriologie in die vierde Evangelie geïntegreer is. Jesus word as God se gevolmagtigde verteenwoordiger (gesant of plenipotensiaris) aangebied wat deur God gestuur is om lewe te gee en te oordeel - kwaliteite wat tradisioneel gesproke die prerogatief van God alleen is. Ná die opstanding bemagtig Jesus sy dissipels as sy gevolmagtigde verteenwoordigers wat geroep en gestuur is om die doel wat God in en deur Jesus begin het, te kontinueer. In teenstelling met sommige geleerdes wat beweer dat Johannes 'n sektariese geskrif is wat op die 'in-groep' in teenstelling met die 'uit-groep' gemik is, of dat Johannes geen sensitiwiteit vir buitestanders het nie, argumenteer die outeur van hierdie artikel dat Johannes se idee van sending 'n openheid teenoor buitestanders impliseer wat deur liefde gemotiveer is en op so 'n wyse uitgeleef behoort te word dat dit (sosiale en ander) grense transendeer.