SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue2A practical-theoretical perspective on the act of making ecclesiastical resolutions: Theory for praxisThe Holy Spirit and preaching in the service author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VILJOEN, Francois P.. Matteus en die Torah in die Joodse samelewing. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.2, pp.1-6. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i2.1946.

Die betekenis van die Torah is die onderwerp van 'n grootskaalse bespreking in die eerste Evangelie. Hierdie artikel ondersoek die sosio-historiese situasie wat aanleiding gegee het tot die ontstaan van hierdie teks wat soveel klem op die onderhouding van die Torah plaas. Om hierdie vraagstuk te ondersoek, word die Matteusteks in sy sosio-historiese konteks gelees ten einde die heersende vraagstukke in die gemeenskap waarbinne die teks ontstaan het, te identifiseer. Die Matteusgemeenskap word binne die Joodse godsdienstige gemeenskap gesitueer met die fokus op die Torah in daardie gemeenskap. Die artikel voer aan dat die krisis van 70 AE tot die herbesinning van die korrekte interpretasie van die Torah gelei het. Die Joodse gemeenskap was gefragmenteer en dit tot 'n strewe na konsolidasie gelei. Te midde van hierdie ontwikkelings, is die Torah deur nuut-gevormde gemeenskappe gebruik om hulle eie norme van bestaan teenoor dié van ander te definieer. In die eerste Evangelie definieer die outeur sy en sy gemeenskap se posisie in terme van spesifieke Torah-onderhouding. Die verteller verseker sy gemeenskap van die korrektheid van hulle oortuigings om die leringe van Jesus na te volg.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License