SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue2To cross ten seas: Calvin on the unity of the church - a contribution to a more responsible ecclesiologyTheocracy: Views on Calvin and the Confessio Belgica, art. 36 - a contribution to an important debate author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VAN WYK, Jan H. (Amie). Teologie van die koninkryk (Basileiologie)? Teologies nagedink oor die plek en betekenis van die koninkryk van God in die teologie en die kerk. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.2, pp.1-12. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i2.1875.

Hierdie artikel is 'n poging om aan te toon dat daar 'n groot leemte bestaan in die wyse waarop die klassieke leerstukke in dogmatiek in die verlede hanteer is, omdat dit 'n sentrale tema soos die koninkryk van God óf volkome geïgnoreer, óf totaal onderbelig het. Hierdie leemte word vervolgens nader ondersoek. Eers word aandag gegee aan die eskatologiese modelle wat in hierdie verband ontstaan het. Daarna word op die sentraliteit van die tema van die koninkryk in die Ou en Nuwe Testament gefokus en hierna word op die dinamiese uitwerking daarvan gelet wat dit op die samelewing behoort te hê. Die konklusie waartoe die outeur kom, is dat die tema van die koninkryk van God in die geheel gesien in die kerk en in die teologie totaal onderbeklemtoon was en steeds is. Vir 'n relevante kerkbeskouing (ekklesiologie) kan dit 'n groot bevryding bring indien die fokus van die kerk na die (gekome en komende) ryk van God verskuif. Die dogmatiek benodig 'n afsonderlike locus wat oor die Basileiologie handel.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License