SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

COETZEE, Carel  e  SMITH, Stephan. Skrifkritiese opstandingsperspektiewe - beoordeel vanuit die gereformeerde teologie. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-11. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.v49i1.2011.

Hierdie artikel ondersoek die aard en omvang van skrifkritiese opstandingsperspektiewe binne die Suid-Afrikaanse teologie. Spesifieke klem word op die konsekwensies gelê wat skrifkritiese opstandingsperspektiewe vir die kernleerstukke van die Christelike geloof inhou. Verdere konsekwensies raak die hart van die individu se daaglikse geloofslewe en die praktyk van die kerk. Ten einde hierdie doel te bereik, word enkele skrifkritiese opstandingsperspektiewe kortliks gestel. Standpuntstelling word deur 'n beoordeling van elke standpunt vanuit 'n skrifverantwoorde teologie gevolg. Die standpunt word gestel dat skrifkritiese teoloë dikwels die ryke betekenis van Christus se opstanding ontken of onderbeklemtoon. Die navorsing vir hierdie artikel het verder getoon dat skrifkritiese opstandingsperspektiewe verreikende negatiewe konsekwensies vir 'n skrifverantwoorde teologie inhou. Die gevolgtrekking is dat skrifkritiese opstandingsperspektiewe onversoenbaar met die tradisioneel-reformatoriese leer van die Christologie is.

        · resumo em Inglês     · texto em Africaner     · Africaner ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons