SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1On facing the God-question in a pastoral theology of compassion: From imperialistic omni-categories to theopaschitic pathos-categoriesThe Syriac versions of Old Testament quotations in Matthew índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 1018-6441

Resumen

COETZEE, Carel  y  SMITH, Stephan. Skrifkritiese opstandingsperspektiewe - beoordeel vanuit die gereformeerde teologie. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp. 1-11. ISSN 1018-6441.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.v49i1.2011.

Hierdie artikel ondersoek die aard en omvang van skrifkritiese opstandingsperspektiewe binne die Suid-Afrikaanse teologie. Spesifieke klem word op die konsekwensies gelê wat skrifkritiese opstandingsperspektiewe vir die kernleerstukke van die Christelike geloof inhou. Verdere konsekwensies raak die hart van die individu se daaglikse geloofslewe en die praktyk van die kerk. Ten einde hierdie doel te bereik, word enkele skrifkritiese opstandingsperspektiewe kortliks gestel. Standpuntstelling word deur 'n beoordeling van elke standpunt vanuit 'n skrifverantwoorde teologie gevolg. Die standpunt word gestel dat skrifkritiese teoloë dikwels die ryke betekenis van Christus se opstanding ontken of onderbeklemtoon. Die navorsing vir hierdie artikel het verder getoon dat skrifkritiese opstandingsperspektiewe verreikende negatiewe konsekwensies vir 'n skrifverantwoorde teologie inhou. Die gevolgtrekking is dat skrifkritiese opstandingsperspektiewe onversoenbaar met die tradisioneel-reformatoriese leer van die Christologie is.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License