SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

COETZEE, Carel  and  SMITH, Stephan. Skrifkritiese opstandingsperspektiewe - beoordeel vanuit die gereformeerde teologie. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-11. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.v49i1.2011.

Hierdie artikel ondersoek die aard en omvang van skrifkritiese opstandingsperspektiewe binne die Suid-Afrikaanse teologie. Spesifieke klem word op die konsekwensies gelê wat skrifkritiese opstandingsperspektiewe vir die kernleerstukke van die Christelike geloof inhou. Verdere konsekwensies raak die hart van die individu se daaglikse geloofslewe en die praktyk van die kerk. Ten einde hierdie doel te bereik, word enkele skrifkritiese opstandingsperspektiewe kortliks gestel. Standpuntstelling word deur 'n beoordeling van elke standpunt vanuit 'n skrifverantwoorde teologie gevolg. Die standpunt word gestel dat skrifkritiese teoloë dikwels die ryke betekenis van Christus se opstanding ontken of onderbeklemtoon. Die navorsing vir hierdie artikel het verder getoon dat skrifkritiese opstandingsperspektiewe verreikende negatiewe konsekwensies vir 'n skrifverantwoorde teologie inhou. Die gevolgtrekking is dat skrifkritiese opstandingsperspektiewe onversoenbaar met die tradisioneel-reformatoriese leer van die Christologie is.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License