SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

LOUW, Daniel J.. Die dinamika van die God-vraagstuk in 'n pastorale teologie van medelye en omgee: Vanaf imperialistiese omni-kategorieë na teopasgitiese patos-kategorieë. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-15. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.v49i1.1996.

Navorsers het telkemale in die twintigste eeu teen die impak van statiese, ontologiese en metafisiese skemas van interpretasie gewaarsku. Teïstiese denke is grootliks deur Hellenistiese denkkategorieë bepaal. Teen die agtergrond van nuwe filosofiese verskynsels soos apateïsme en anateïsme en die invloed daarvan op die verskillende vorms van spiritualiteitsdenke, duik die vraag op na die toepaslikheid en relevansie van bestaande, geykte denkkategorië vir die Christelike verstaan van God. Die vraagstuk van lyding, menswaardigheid en geregtigheid stel nuwe eise aan 'n pastorale teologie wat met kontekstuele lewensvraagstukke erns maak. In die lig hiervan word 'n paradigmaskuif in teologisering, vanaf omni-kategorieë na patos-kategorieë voorgestel. Dit word beredeneer dat 'n teopasgitiese teologie 'n belangrike bydrae kan lewer om statiese Godskonsepte, wat grootliks vanuit die Romeinse en Griekse denkwereld gekom het, in die rigting van 'n meer dinamiese Godsverstaan te skuif. Die gedagte van die 'volhoubaarheid van God' word aan 'n nuwe verstaan van die medelye van God (ta splanchna) verbind. Vandaar die voorstel vir 'n paradigmaskuif vanaf almag en alwetendheid na 'n patosvolle, infinitiewe omgee-identifikasie (die pneumatologiese volhoubaarheid van daar-wees-vir).

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons