SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

DE KLERK, Barend J.. Die voortdra van prediking deur weerlose luisteraars - 'n Gevallestudie rakende plaaswerkers in die Vredefortkoepel in Suid-Afrika. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-8. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1859.

laaswerkers wat in die omgewing van die wêrelderfenisgebied, die Vredefortkoepel, woon, is van die mees weerlose wesens in Suid-Afrika. 'n Gevallestudie, waaraan vier van hierdie persone deelgeneem het, is gedoen. Dit het oor die volgende vraag gehandel: Hoe word preke wat aan weerloses bedien word deur hulle aan ander in hulle omgewing wat in dieselfde omstandighede verkeer, voortgedra? Die omgewing waarin die deelnemers woon en hulle lewensomstandighede is nagegaan. Daar is gepoog om vas te stel wat onder prediking aan weerloses verstaan word en hoe sodanige prediking deur die hoorders verder versprei kan word. Die gevallestudie, wat deur middel van 'n kwalitatiewe empiriese ondersoek plaasgevind het, het enkele van die weerlose hoorders self aan die woord laat kom. Die bevinding was dat die deelnemers hieraan nie die preke op 'n gereelde basis verder laat weerklink nie, maar dat hulle wel in staat sou wees om ander weerlose persone daarmee te versterk en te bemoedig. Indien hulle wel onmiddellik na die diens met mekaar oor die preek van die dag sou gesels (soos dit in die onderhoude gedoen is), kan die vrymoedigheid groei om die boodskap ook aan ander weerlose mense wat nie aan die erediens deelgeneem het nie, oor te dra.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License