Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
In die Skriflig
versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441
Resumo
VORSTER, Nico. 'Aanskou die leer': Neerdaling en opvaring in Calvyn se soteriologie. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-8. ISSN 2305-0853. http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.2022.
Hierdie artikel ondersoek Calvyn se gebruik van die neerdaling-opvaringskema in sy soteriologie. Die argument is dat Calvyn hierdie skema as 'n instrument gebruik om die juridiese en mistieke kategorieë in sy soteriologie te integreer. Die neerdaling-opvaringskema stel hom in staat om 'n teosentriese soteriologie te ontwikkel wat persoonlik en dinamies van aard is, maar terselfdertyd konkreet in etiese toepassing. Dit verskaf ook 'n deurslaggewende pneumatologiese en eskatologiese oriëntasie aan sy soteriologie.