SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

MOLLER, Francois P.. Vergifnis: 'n Christosentriese perspektief. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.v49i1.1938.

Vergifnis is wesenlik deel van die Christendom en 'n gawe van God in die oorwinning van sonde en sy vernietigende gevolge. Dit is daarom belangrik om die bybelse beginsels en norme in hierdie verband te begryp. Dit sal gedoen word vanuit 'n dogmaties-etiese benadering gemotiveer deur 'n Christosentriese perspektief. Dit wat God in Christus gedoen het deur na ons uit te reik in ons gebrokenheid en sonde in afwagting op ons berouvolle reaksie, staan in die kern van vergifnis. Christus het in hierdie verband 'n volkome werk gedoen, en daarom is God getrou en regverdig teenoor Christus om ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. 'n Christosentriese perspektief aksentueer God se inisiatief in vergifnis en noop ons om tussen die onvoorwaardelike aanbieding van vergifnis en die voorwaardelike realisering daarvan te onderskei. Daar word aangetoon dat hierdie onderskeid essensieel is vir die verstaan en toepassing van vergifnis soos dit in die Bybel voorgehou word. Christus is normatief in die aanbieding van vergifnis, en daarom moet dit in sy Naam geskied. Christus is ook normatief in die realisering van vergifnis, en daarom is Hy die Subjek van vergifnis, nie die mens nie. Ten slotte word die problem van aangebode vergifnis behandel, wat nie berou en belydenis tot gevolg het nie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License