SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

KAKWATA, Frederick. 'n Ondersoek na sosio-historiese faktore wat tot armoede binne die vroeë Christelike kerk in Palestina bygedra het. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-10. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.v49i1.1993.

Die doel van hierdie artikel is om die grondoorsake van armoede in die vroeë Christelike gemeenskap te ondersoek met spesifieke verwysing na die bekeerde Jode in Palestina. Die standpunt wat in hierdie artikel gestel en beredeneer word, is dat armoede algemeen in die vroeë Christendom voorgekom het. Dit was as gevolg van verskeie sosio-historiese faktore, waaronder die Israeliete se kontak met die Kanaàniete ná die inname, asook die instelling van die sekulêre paradigma oor leierskap wat Israel aan die naburige heidennasies ontleen het en wat op hulle verknegting onder die Romeinse Ryk se onderdrukkende en uitbuitende strukture uitgeloop het. 'n Groot aantal gelowiges, bekeerde Jode, was in daardie tyd behoeftig en armoedig omdat hulle deel van die laer klasse in die samelewing was. Tog, ten spyte van hierdie omstandighede, het die vroeë Christene in Jerusalem klaarblyklik die uitdaging van armoede met 'n mate van sukses gehanteer, soos die stelling getuig: 'Nie een van hulle het gebrek gely nie . „' (Hand 4:34).

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License