SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

STRAUSS, Piet J.. Opsomming: Kerk en staat in Suid-Afrika en menseregte. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-6. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I1.1990.

Na die Tweede Wêreldoorlog is menseregte wêreldwyd erken en aanvaar. Dit was ook die geval in kerke en ekumeniese organisasies. Menseregte het kerke se siening van geregtigheid en menswaardigheid in hulle interne sowel as eksterne optrede beïnvloed. Die begrip menswaardigheid het ontstaan uit die bybelse oortuiging dat die mens na die beeld van God geskape is. In Suid-Afrika is menseregte ook toenemend erken en aanvaar. 'n Verklaring van menseregte is as hoofstuk 2 in die 1996-grondwet ingesluit en kerke beskou menswaardigheid as toonaangewend in hulle benadering van mense binne en buite die kerk. Verskille tussen die kerk en die staat in Suid-Afrika oor menseregte het ontstaan as gevolg van verskille oor die inhoud van die vryheid van godsdiens. Teen hierdie agtergrond kan kerk en staat mekaar egter aanvul in die bevordering van menseregte.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons