SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

POTGIETER, Raymond. 'Lof der Zotheid': 'n oorsig en evaluering vyf eeue later. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-7. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.v49i1.1962.

Desiderius Erasmus was 'n humanis wat gepoog het om hom te beywer vir die hervorming van die burgerlike en kerklike strukture van sy tyd. In gereformeerde kringe word sy rol in die Lutherse twisgeskil beklemtoon. Sy verreikende invloed word steeds vandag gevoel. Erasmus se gekke-literatuur, Moriae Encomium (1509), het sy besorgdheid rakende die burgerlike en ekklesiastiese samelewing vanuit 'n humanistiese standpunt openbaar. Hy gebruik dwaasheid as retoriek en met behulp van satire vermaak hy die leser terwyl hy die veelvuldige lae van die sosiale realiteit van die dag ontbloot. Die personifikasie van die 'gek' of 'dwaas' is 500 jaar later steeds relevant vir hierdie rol in die Christelike samelewing. Erasmus was van mening dat die kerk nie as 'n eiland beskou moet word nie. Dit maak deel uit van die samelewingstrukture en is daarom steeds aan kritiek onderworpe.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons