SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

COLETTO, Renato. Wat is die sentrale beginsel van Calvinisme? Enkele kriteria, voorstelle en vrae. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-8. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I1.1969.

Is daar 'n 'sentrale beginsel' by Calvinisme te bespeur? Hierdie artikel ondersoek genoemde vraag hoofsaaklik vanuit die perspektief van die reformatoriese filosofie. Dit word eerstens gedoen deur die kriteria bekend te stel wat gebruik moet word om, indien moontlik, sodanige 'organologie' van Calvinisme te identifiseer. 'n Paar voorstelle word dan geëvalueer en hulle sterk en swak punte bespreek. Die geloofwaardigste kandidaat vir die rol van 'n sentrale beginsel is moontlik 'n 'wetsidee' wat in die bybelse grondmotief gewortel is en tradisioneel as 'sfeersoewereiniteit' gedefinieer word. Meer resente karakteriserings van hierdie kosmonomiese idee word ook oorweeg. 'n Aantal besware en alternatiewe voorstelle word daarna bespreek. Die artikel sluit af met enkele vrae waarmee 'n oproep tot verdere navorsing oor die onderwerp gedoen word.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons