SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

VAN DER WALT, Bennie J.. 'n Eeu van Gereformeerde jeugbeweging (1888-1988): 'n Histories-evaluerende verkenning. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-13. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I1.1956.

Vir 'n eeu (1888-1988) het daar 'n groeiende en florerende Gereformeerde jeugbeweging, die Jongeliedeverenigings op Gereformeerde grondslag (afgekort as JV), in Suid-Afrika bestaan. Hierdie min of meer onafhanklike beweging het 'n belangrike rol gespeel om by jongmense 'n Christelike lewensvisie tuis te bring en hulle daardeur te inspireer. Hierdie artikel begin met 'n motivering, waarna dit 'n kort historiese skets oor die ontstaan en ontwikkeling van die beweging bied gevolg deur 'n oorsig oor die bronne wat nog beskikbaar is en hieroor geraadpleeg kan word. Die volgende gedeelte van die artikel bevat twee gevallestudies. Die eerste bied 'n oorsig oor die breë spektrum van aktiwiteite van 'n spesifieke JV (nl. JV Gideon). Die spesifieke aktiwiteite van hierdie JV het dit in staat gestel om sy lede met 'n wye koninkryksperspektief toe te rus. In die tweede geval toon die bedrywighede van die Transvaalse Bond van JV's (bv. deur sy leierskampe en verdere publikasies) dieselfde omvattende formatiewe waarde. In die lig van die voorafgaande gegewens, kan die besluit van die sinode (1988) van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) om finaal die jeugwerk van die JV's te termineer en met kerklike jeugsorg te vervang, bevraagteken word. Die skrywer van hierdie artikel is van mening dat sowel kerklike jeugsorg as selfstandige jeugwerk elkeen 'n eie, unieke bydrae tot die vorming van Christelike jongmense kan maak en dus langs mekaar mag bestaan. In die lig van die steeds groeiende sekularisasie in die land word ten slotte die dringende noodsaaklikheid van iets soortgelyks aan die destydse JV's vir vandag beklemtoon.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License