SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

KNOETZE, Johannes J.. Geestelike transformasie: Bereiking en toerusting van kinders in Sub-Sahara Afrika. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-8. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I1.1919.

Indien 'n persoon by 'n kind betrokke raak, is hierdie betrokkenheid nooit 'n neutrale gebeurtenis nie. Daarom is dit billik om te vra hoekom Christene na kinders in Afrika moet uitreik vir geestelike transformasie? In 'n poging om die vraag te beantwoord, verskaf die artikel 'n missiologiese perspektief in 'n poging om 'n bydrae tot die ontwikkeling van 'n Afrika kinder- en jeugteologie te lewer. Die eerste gedeelte van die artikel beskryf die verstaan van teologie en hoe dit bedryf word. Die verstaan van, en uitreik na kinders in die Afrikakonteks, asook die plaaslike geloofsgemeenskap word binne hierdie spesifieke missionale teologiese verstaan beskryf. In die tweede gedeelte van die artikel word daar vanuit die missiologiese perspektief gebruik gemaak van 'n Christelike antropologiese perspektief om die konteks van Afrikakinders te verstaan, asook die manier van geestelike toerusting deur die plaaslike geloofsgemeenskap. Die derde gedeelte van die artikel bespreek geestelike transformasie as 'n proses, asook die rol van die plaaslike geloofsgemeenskap in hierdie proses.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License