SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

BUYS, P.J. (Flip)  and  JANSEN, André. 'Met hart en mond en hande': Die integrale bediening van Woord en daad volgens 'n missio Dei-perspektief. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-12. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I1.1883.

Die Sendingwetenskap, kerke en sendingorganisasies dink wêreldwyd opnuut na oor die bybelse fundering vir die integrasie van Woord en daad in die verkondiging van die evangelie. Die Lausanne-beweging het 'n kongres in Kaapstad gehou, waar 4200 kerkleiers van 198 lande vanaf 16 tot 25 Oktober 2010 vergader het. Die program het besinnings ingesluit oor hoe om kwessies soos armoede, ongeregtigheid en die voorspoed-teologie skrifgetrou te hanteer. Die Miga-netwerk is 'n groeiende wêreldwye koalisie van kerke en organisasies wat hulle in die lig van Miga 6:8 tot die uitbou van integrale sending verbind. Die Gospel Coalition is 'n netwerk van teoloë wat hulle daartoe verbind het om gelowiges te stimuleer sodat hulle geloof in die evangelie van Christus verdiep. Die doel is ook dat bedieningspraktyke 'n teosentriese en Christosentriese fokus vertoon. Hierdie koalisie het verskeie debatte oor aspekte van integrale sending in hulle mondstuk, Themelios, gepubliseer. Die World Reformed Fellowship het in hulle geloofsverklaring duidelik gestel dat gelowiges uit gehoorsaamheid aan die opdrag van God met twee hande na alle mense moet uitreik, naamlik die hand wat hulle roep om hulle sonde te bely, om te glo en só die ewige versoening met God deur Christus te ontvang, en tweedens die hand wat deur dade van dankbaarheid en deernis die goedheid van God se koninkryk in die naam van Christus na vore bring.Verskeie missiologiese publikasies het onlangs verskyn wat uitdruklik oor integrale en dus die behoefte aan holistiese sending handel.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License