SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

ALAWODE, Akinyemi O.. Sending, migrasie en menslike ontwikkeling: 'n Nuwe benadering. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-7. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I1.1888.

Migrasie is 'n realiteit van die Judese-Christelike lewe sedert Abram Ur van die Galdeërs verlaat het om God se beloofde land te vind. Dit het egter 'n groter realiteit geword sedert die laat twintigste eeu hoofsaaklik as gevolg van oorloë, intranasionale konflik en natuurrampe. As gevolg hiervan moes daar na 'n groter getal migrante in Afrika omgesien word aan die begin van die een-en-twintigste eeu as ooit tevore. In dieselfde periode het die kerk in Afrika met rekordgetalle gegroei. Dit behoort duidelik te wees dat migrasie en Christensending aan migrante hoog op die agenda van Christensending in Afrika behoort te wees. Hierdie artikel spruit voort uit die veronderstelling dat migrasie hoofsaaklik die gevolg van die groeiende verskynsel van verontmensliking (dehumanisering) in Afrika en wêreldwyd is, naamlik om ander mense nie as die beeld van God te erken nie. Om hierdie rede is dit die verantwoordelikheid van sending om menslike ontwikkeling aan die hand van die evangelie, soos dit deur die nuwe mens, Jesus van Nasaret verkondig is, te bevorder. Dit is 'n roeping wat geldend is ten opsigte van migrante sowel as plaaslike Christene. Hierdie artikel veronderstel dat die Christelike gemeenskap nog nie hierdie sendingroeping na behore verstaan nie en sien die taak van sending in Afrika daarom as die vermensliking (humanisering) van die verhouding tussen plaaslike Christene en ander migrante. Hierdie doel kan verwesenlik word deur 'n behoorlik ontwikkelde program van menslike ontwikkeling waarin sowel migrante as Christene moet deel hê.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons