SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

KRUGER, Ferdinand P.  e  DE WET, Friedrich W.. Die verbryseling van die afgode: Die konfrontering van die hardnekkige houvas van verontmenslikende kragte op post-apartheid Suid-Afrikaners met die lewende teenwoordigheid van die gekruisigde en opgestane Here. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-11. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I1.1937.

Hierdie prakties-teologiese artikel, fokus op die geestelike dimensie van magte wat in 'n post-apartheid Suid-Afrikaanse samelewing 'n invloed op die sosiale omgewing uitoefen. Die uitgangspunt van Eswine dien as aansporing vir die besinning oor die houvas wat afgode op die harte en gedagtes van gelowiges het. Die funksionering van geestelike magte in die samelewing word ondersoek. Hierdie magte verhef hulself tot afgode en plaas hulle eie begeertes bo God se wil vir die skepping en die mens. In plaas daarvan om God se wil vir die onderhouding van die menslike lewe te eerbiedig oefen hierdie magte heerskappy oor mense uit deur afgodery waardeur die geïntegreerdheid van die samelewing gedisintegreer word. Mense word verblind om die invloed van afgodery in hulle lewens te vestig. In 'n post-apartheid Suid-Afrikaanse samelewing manifesteer dit deur die illusie van mag voortvloeiend uit selfverheerliking, asook in die middelklas se koorsagtige poging om hulleself in vn gemaklike eerste-wêreldenklawe te isoleer as beskerming teen die Derdewêreldse massas. Die outeurs wil 'n homiletiese teorie vir die verydeling van afgodery ontwerp wat in die teenwoordigheid van die gekruisigde en opgestane Christus in die harte en gedagtes van hoorders gegrond is. Hierdie kragveld open 'n lewensruimte waarin gelowiges, bevry van die mag van afgodery, versoend sal kan floreer.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons