SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1The motive of forgiveness in the Gospel according to MatthewMission, migration and human development: A new approach índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 1018-6441

Resumen

KRUGER, Ferdinand P.  y  DE WET, Friedrich W.. Die verbryseling van die afgode: Die konfrontering van die hardnekkige houvas van verontmenslikende kragte op post-apartheid Suid-Afrikaners met die lewende teenwoordigheid van die gekruisigde en opgestane Here. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp. 1-11. ISSN 1018-6441.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I1.1937.

Hierdie prakties-teologiese artikel, fokus op die geestelike dimensie van magte wat in 'n post-apartheid Suid-Afrikaanse samelewing 'n invloed op die sosiale omgewing uitoefen. Die uitgangspunt van Eswine dien as aansporing vir die besinning oor die houvas wat afgode op die harte en gedagtes van gelowiges het. Die funksionering van geestelike magte in die samelewing word ondersoek. Hierdie magte verhef hulself tot afgode en plaas hulle eie begeertes bo God se wil vir die skepping en die mens. In plaas daarvan om God se wil vir die onderhouding van die menslike lewe te eerbiedig oefen hierdie magte heerskappy oor mense uit deur afgodery waardeur die geïntegreerdheid van die samelewing gedisintegreer word. Mense word verblind om die invloed van afgodery in hulle lewens te vestig. In 'n post-apartheid Suid-Afrikaanse samelewing manifesteer dit deur die illusie van mag voortvloeiend uit selfverheerliking, asook in die middelklas se koorsagtige poging om hulleself in vn gemaklike eerste-wêreldenklawe te isoleer as beskerming teen die Derdewêreldse massas. Die outeurs wil 'n homiletiese teorie vir die verydeling van afgodery ontwerp wat in die teenwoordigheid van die gekruisigde en opgestane Christus in die harte en gedagtes van hoorders gegrond is. Hierdie kragveld open 'n lewensruimte waarin gelowiges, bevry van die mag van afgodery, versoend sal kan floreer.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License