SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

KRUGER, Ferdinand P.  and  DE WET, Friedrich W.. Die verbryseling van die afgode: Die konfrontering van die hardnekkige houvas van verontmenslikende kragte op post-apartheid Suid-Afrikaners met die lewende teenwoordigheid van die gekruisigde en opgestane Here. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-11. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I1.1937.

Hierdie prakties-teologiese artikel, fokus op die geestelike dimensie van magte wat in 'n post-apartheid Suid-Afrikaanse samelewing 'n invloed op die sosiale omgewing uitoefen. Die uitgangspunt van Eswine dien as aansporing vir die besinning oor die houvas wat afgode op die harte en gedagtes van gelowiges het. Die funksionering van geestelike magte in die samelewing word ondersoek. Hierdie magte verhef hulself tot afgode en plaas hulle eie begeertes bo God se wil vir die skepping en die mens. In plaas daarvan om God se wil vir die onderhouding van die menslike lewe te eerbiedig oefen hierdie magte heerskappy oor mense uit deur afgodery waardeur die geïntegreerdheid van die samelewing gedisintegreer word. Mense word verblind om die invloed van afgodery in hulle lewens te vestig. In 'n post-apartheid Suid-Afrikaanse samelewing manifesteer dit deur die illusie van mag voortvloeiend uit selfverheerliking, asook in die middelklas se koorsagtige poging om hulleself in vn gemaklike eerste-wêreldenklawe te isoleer as beskerming teen die Derdewêreldse massas. Die outeurs wil 'n homiletiese teorie vir die verydeling van afgodery ontwerp wat in die teenwoordigheid van die gekruisigde en opgestane Christus in die harte en gedagtes van hoorders gegrond is. Hierdie kragveld open 'n lewensruimte waarin gelowiges, bevry van die mag van afgodery, versoend sal kan floreer.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License