SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

NEL, Marius J.. Die motief van vergifnis in die Evangelie volgens Matteus. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I1.1917.

Die artikel ondersoek die tema van vergifnis in die Evangelie volgens Matteus. Dit neem die opbou (τάξις) van Matteus as 'n antieke biografie (βίος) van Jesus as vertrekpunt vir die beskrywing van die etiek van vergifnis daarvan. Vir Matteus blyk die belangrikheid van vergifnis uit die relatiewe frekwensie waarmee dit voorkom in die Matteusevangelie en die wyse waarop dit met sy vertelling van die geboorte, bediening en dood van Jesus verweef is. Die sosio-historiese agtergrond van die Matteusevangelie se aanvanklike lesers word ook kortliks beskryf in terme van die eksterne ('n groeiende skisma met formatiewe Judaïsme) en interne uitdagings (intrapersoonlike konflik) wat hulle in die gesig gestaar het in 'n poging om die rede vir die prominensie van die vergifnistema in Matteus te bepaal. Ten slotte word Matteus se siening van vergifnis gesistematiseer deur die beskrywing van die verskillende agente (God, Jesus en die dissipels) van vergifnis in sy Evangelie. Die artikel argumenteer dat die geboorte, lewe en dood van Jesus, sowel as sy woorde en dade op 'n duidelike en oortuigende wyse in Matteus se etiek van vergifnis geïntegreer is. Vir Matteus is God se vergifnis van sy volk se sondes deur Jesus, die primêre rede waarom hulle genoodsaak is tot die vergifnis van ander se oortredings teen hulle.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons