SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

TROUT, Bradley M.. Die Aard van die Vervulling van die Wet in Matteus 5:17: 'n Eksegetiese en Teologiese Studie. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-8. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I1.1910.

Die verhouding tussen die wet en die evangelie bly in 'n mate raaiselagtig ten opsigte van die bybelse wetenskap. Matteus 5:17, en veral die bedoeling van Jesus se koms om die wet en die profete te vervul, dra aansienlik by tot hierdie deurlopende bespreking. Wat presies bedoel word met 'om die wet en die profete te vervul', is 'n eksegetiese raaisel. Deur gebruik te maak van 'n eklektiese verskeidenheid van metodes wat literêre, historiese en teologiese benaderings insluit, poog hierdie artikel om die aard van die vervulling in Matteus 5:17 duidelik te omskryf. Benewens die gewone argumente, onder andere die bespreking van die aard van πληρόω in die Matteusevangelie, die profetiese mag van die wet en die bydrae van die sogenaamde teenstellings van Matteus 5:21-48 wat op die basis van histories-kritiese eksegese geopper word, word aangevoer dat die bybels-teologiese tema van die koninkryk van God die heilshistoriese lesing van Matteus 5:17 verskerp. Wanneer beweer word dat Jesus gekom het om die wet en die profete te vervul, bewys 'n eskatologiese of saligheid-historiese verstaan daarvan dat dít waarna die wet heengewys het, vervul is deur die onderrig en bediening van Jesus. 'n Bybels-teologiese verstaan van die Koninkryk van God help ons om hierdie stelling met meer noukeurigheid waar te neem. Jesus vervul die wet en die profete deur die verwagting van die koms van die Koninkryk van God te volvoer. Vervulling moet dus in terme van hierdie motief vertolk word. Jesus vervul die wet en die profete deur die vestiging van die Koninkryk van God waarna die wet en profete heenwys. Dit maak die debat oor die kwessie of dit Jesus se onderrig of sy werking was wat die wet en die profete vervul het, onnodig, omdat die Koninkryk van God deur albei gevestig is.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons