SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

ALLISON, Dale C.. The history of the interpretation of Matthew: Lessons learned. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-13. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.v49i1.1879.

Navorsers skenk aan die interpretasiegeskiedenis van bybelse tekste en die ontvangs van die verskillende tekste om verskeie redes aandag. Hierdie artikel toon aan dat, behalwe vir redes wat normaalweg aangebied word, 'n noukeurige 'Wirkungsgeschichte' soms geloofwaardige eksegetiese en historiese voorstelle na vore kan bring wat tevore wel tot die kommentaretradisie behoort het, maar gaandeweg in onbruik verval het. Sodanige voorstelle behoort weer tot die tradisie toegevoeg te word. Ter stawing hiervan kan verskeie voorbeelde genoem word soos die bekende assosiasie van Matteus 5:21-26 met die offer van Kain en Abel en die oeroue koppeling van Matteus 9:20-21 en 14:36 met die profesie van Maleagi 4:2 ('Die son van geregtigheid sal verrys met genesing in sy vleuels'). Hierdie artikel vestig egter ook die aandag op sekere beperkings van die 'Wirkungsgeschichte' vir die historiese eksegese.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License