SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


In die Skriflig

versión On-line ISSN 2305-0853
versión impresa ISSN 1018-6441

Resumen

(ANDRIES) SNYMAN, A.H.. 'n Retoriese analise van Romeine 9:1-10:4. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-7. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/IDS.V49I1.1921.

Die artikel is 'n poging om Paulus se retoriese strategie uit die teks self te rekonstrueer, eerder as om 'n klassieke of moderne retoriese model op die teks toe te pas. 'n Voorstel vir so 'n teksgesentreerde benadering word kortliks opgesom, gevolg deur 'n beskrywing van die retoriese situasie wat Paulus in die brief wil ondersoek. Daar word geargumenteer dat Romeine 9:1-10:4 'n integrale deel van Paulus se retoriese strategie vorm met die doel om sy gehoor te oortuig om sy siening van God se verlossingsplan, asook sy beoogde sending na Spanje te steun. In die proses van oorreding gebruik hy verskillende soorte argumente en retoriese tegnieke om die trefkrag van sy kommunikasie te verhoog. Die gevolgtrekking is dat 'n teksgesentreerde benadering (met fokus op die funksionele aspekte van die teks) 'n beter alternatief as die bestaande benaderings (met fokus op die formele aspekte van die teks) bied.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons