SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1Nestorian 'merchant missionaries' - A model for Christian Chinese migrantsThe Jewish Setting of the Epistle of James índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 1018-6441

Resumo

COLETTO, Renato. Kuyper se skalpel? 'n heroorweging van wetenskap-en-religie, trinitariese navorsing en God se ewigheid. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp. 1-10. ISSN 1018-6441.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1891.

Hierdie artikel verken drie navorsingsterreine in die kontemporêre Christelike wetenskap en voer aan dat die manier waarop hulle benader word dikwels bedenklik is weens basiese aannames, die metodes of die implikasies daarvan. Die volgende kritiek word voorgestel. Navorsing oor die verhouding tussen religie en wetenskap is op 'n raamwerk van aannames gebaseer wat nie 'n behoorlike weerspieëling van die skriftuurlike standpunt is nie. Trinitariese navorsing verwag te veel van die veronderstelde ooreenkoms tussen die Drie-eenheid en die geskape werklikheid, terwyl dit neig om ander hulpbronne wat vir die Christelike wetenskap beskikbaar is, te verwaarloos. Wetenskaplike besinning oor God se ewigheid is spekulatief vir sover dit poog om die modale horison van kennis te transendeer. Dit word aangevoer dat 'Kuyper se skalpel' ('n benadering wat in die Kuyperiaans-reformatoriese tradisie bevorder word) sal help om navorsing in hierdie drie gevalle (ander gevalle word ook kortliks genoem) te heroorweeg.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License