SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


In die Skriflig

On-line version ISSN 2305-0853
Print version ISSN 1018-6441

Abstract

COLETTO, Renato. Kuyper se skalpel? 'n heroorweging van wetenskap-en-religie, trinitariese navorsing en God se ewigheid. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-10. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1891.

Hierdie artikel verken drie navorsingsterreine in die kontemporêre Christelike wetenskap en voer aan dat die manier waarop hulle benader word dikwels bedenklik is weens basiese aannames, die metodes of die implikasies daarvan. Die volgende kritiek word voorgestel. Navorsing oor die verhouding tussen religie en wetenskap is op 'n raamwerk van aannames gebaseer wat nie 'n behoorlike weerspieëling van die skriftuurlike standpunt is nie. Trinitariese navorsing verwag te veel van die veronderstelde ooreenkoms tussen die Drie-eenheid en die geskape werklikheid, terwyl dit neig om ander hulpbronne wat vir die Christelike wetenskap beskikbaar is, te verwaarloos. Wetenskaplike besinning oor God se ewigheid is spekulatief vir sover dit poog om die modale horison van kennis te transendeer. Dit word aangevoer dat 'Kuyper se skalpel' ('n benadering wat in die Kuyperiaans-reformatoriese tradisie bevorder word) sal help om navorsing in hierdie drie gevalle (ander gevalle word ook kortliks genoem) te heroorweeg.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License