SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

DE BRUYN, Joseph J.. Daniel Dragonslayer - Bel and the dragon, Verses 23-27 (OG/Th). In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-8. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1848.

In hierdie artikel word aspekte van narratiewe-kritiek, genre, redaksie-kritiek, die liggaam en ruimte op 'n unieke wyse gekombineer om 'n beliggaamde ruimteraamwerk te vorm. Hierdie beliggaamde ruimteraamwerk word gebruik om die tweede episode van 'Bel en die Draak', naamlik 'Daniel, die Draakjagter', te analiseer. Die artikel stel voor dat hierdie tweede episode van 'Bel en die Draak' in 'n resiproke verhouding met 'Bel en die Draak', sowel as met die boek Daniël gelees moet word. Indien die teks op hierdie voorgestelde wyse ontleed word, kom verskeie punte na vore. Eerstens word aangedui dat die kleiner episode deel van 'n groter gode-oorlog vorm. Tweedens, die skrywer/redakteur gebruik die kleiner episode as deel van 'n proses om 'n nuwe kosmologie te skep. Volgens hierdie nuwe kosmologie is die Joodse God 'n almagtige God, terwyl ander gode vals en nie ware lewende gode is nie. Op sy eie manier lewer die skrywer/redakteur 'n bydrae tot die ontwikkeling van die Jode se godsbeskouing tydens die diaspora.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons