SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1Principles for poverty alleviation among the youth in Northern UgandaHe is risen! A play based on Acts 1:1-12 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

SCHOLTZ, Jacob J.. 'n Ondersoek na Matteus 13 as 'n profetiese diskoers: Die vier gelykenisse wat privaat aangebied is. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-7. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1887.

Die taak van Jesus se dissipels sou kon wees om 'nuwe en ou' onvoorwaardelike profesieë van die koninkryk van die hemele met mekaar te vergelyk. Nadat die konteks beskryf is, word die vier gelykenisse in Matteus 13 wat privaat aangebied is vanuit 'n pre-millenniale perspektief oorweeg. Die gelykenis van die verborge skat sou kon aantoon hoe Jesus Christus sy gesag en mag om as Koning in terme van die Dawidiese Verbond oor die letterlike Dawidiese koninkryk te regeer, eers bevestig en dan verberg - waarna Hy kruis toe gaan. Nadat Hy gekruisig is, sou die gelykenis van die pêrelkoper kon aantoon hoe die eerste, geestelike fase van die koninkryk 'n aanvang neem as Christus Jesus sy pêrelbediening as Hoëpriester in terme van die Nuwe Verbond begin. Die gelykenis van die net toon die oorgang van die geestelike fase van die koninkryk van die hemele na die toekomstige letterlike fase. 'n Oorsig oor die vier gelykenisse van Matteus 13 wat privaat aangebied is, word dan verskaf. Daarna word 'n opsomming van die nuwe en ou profesieë wat die agt gelykenisse van Matteus 13 bevat gegee, gevolg deur die slot.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons