SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 issue1Reading Matthew 13 as a prophetic discourse: The four parables presented in publicBread: From grain to life. Validating the use of metaphor author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

In die Skriflig

On-line version ISSN 1018-6441

Abstract

SCHOLTZ, Jacob J.. 'n Ondersoek na Matteus 13 as 'n profetiese diskoers: Die vier gelykenisse wat privaat aangebied is. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp. 1-7. ISSN 1018-6441.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1887.

Die taak van Jesus se dissipels sou kon wees om 'nuwe en ou' onvoorwaardelike profesieë van die koninkryk van die hemele met mekaar te vergelyk. Nadat die konteks beskryf is, word die vier gelykenisse in Matteus 13 wat privaat aangebied is vanuit 'n pre-millenniale perspektief oorweeg. Die gelykenis van die verborge skat sou kon aantoon hoe Jesus Christus sy gesag en mag om as Koning in terme van die Dawidiese Verbond oor die letterlike Dawidiese koninkryk te regeer, eers bevestig en dan verberg - waarna Hy kruis toe gaan. Nadat Hy gekruisig is, sou die gelykenis van die pêrelkoper kon aantoon hoe die eerste, geestelike fase van die koninkryk 'n aanvang neem as Christus Jesus sy pêrelbediening as Hoëpriester in terme van die Nuwe Verbond begin. Die gelykenis van die net toon die oorgang van die geestelike fase van die koninkryk van die hemele na die toekomstige letterlike fase. 'n Oorsig oor die vier gelykenisse van Matteus 13 wat privaat aangebied is, word dan verskaf. Daarna word 'n opsomming van die nuwe en ou profesieë wat die agt gelykenisse van Matteus 13 bevat gegee, gevolg deur die slot.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License