SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.49 número1Theological training in the black Reformed Churches in South Africa (RCSA)Reading Matthew 13 as a prophetic discourse: The four parables presented in public índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


In die Skriflig

versão On-line ISSN 2305-0853
versão impressa ISSN 1018-6441

Resumo

NEL, Marius. Wat is 'die teken van die Seun van die mens' in die hemel (Matt 24:30)?. In Skriflig (Online) [online]. 2015, vol.49, n.1, pp.1-9. ISSN 2305-0853.  http://dx.doi.org/10.4102/ids.v49i1.1876.

Waarop dui die 'teken van die Seun van die mens in die hemel' in Mattheus 24:30? Breedweg is daar twee maniere om die frase te interpreteer. In die eerste plek is die koms van die Seun van die mens in die wolke die 'teken van die Seun van die mens'; die frase verduidelik die teken soos weerlig as 'n teken soos dit in Mattheus 24:27 gebruik word. Tweedens kan die teken geïnterpreteer word ten opsigte van die verskillende voorwerpe wat die koms van die Seun van die mens voorafgaan. Wat is die betekenis van die term, 'die teken van die Seun van die mens?' In die bespreking word die frase teenoor sy konteks in die Evangelie geplaas, naamlik Jesus se apokaliptiese diskoers met sy oordeel oor die gevestigde godsdienstige instelling van die Jode soos deur die tempel in Jerusalem verteenwoordig is. Hierna word die eksegese van die teks bespreek. Die doel is om die moontlike denotasies van 'die teken in die hemel van die Seun van die mens' te beskryf.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons